Search This Blog

4 DES 2009 Janecke & Johan (EUREKA)


Die meeste van julle weet seker dat ek 'n onderwyser was vir so 8 jaar voor ek voltyds fotograaf geword het. Ek was Janecke se onderwyser toe sy op skool was, dit is hoekom dit vir my so lekker en spesiaal was om haar troue af te neem.

Janecke en Johan het op die pragtige Eureka getrou. Ek het my eerste troue daar afgeneem net toe ek begin het, nou, so 120 troues later het ek eers weer daar 'n troue gehad.

Ek het die manne gaan af neem by Protea gastehuis (
021 976 7955) waar hulle aangetrek het. Janecke het op Eureka aangetrek.

Desember is so 'n besige maand. Hierdie was my 1ste troue vir die naweek gewees en het nog die volgende dag ook nog 'n troue gehad. Ek was so moeg na hierdie troue, het boom geklim, op grond gelê en rond gehardloop, maar ek is baie tevrede met die resultate. Hoop julle geniet die fotos.















Makeup en hare: Marietjie Hurter














Johan se gesig toe Janecke ingestap het, Pricesless.




Dit is wat gebeur in die warm somer maande, jou
vingers swel en dan sukkel die ringe om aan te steek :)





Vriende en familie het vir hulle gebid, Mag God julle Seën.



























Hierdie foto wat ek uit die boom geneem het is vir my
die FOTO vir die DAG.














Verseker 1 van die beste DJ's saam met wie ek al gewerk het.
DJ DEAN (084 922 4757)







Please COMMENT on the photos, Thank you.
Share:

4 comments

  1. Alle komplimente aan die fotograaf. Ek was een van die bruidsmeisies en shoe...hoe stunning het jy nie die hele dag vasgevang nie. Ek moet nogal saamstem dat die fofo vanuit die boom uitstekend is.

    Daar bygese, Johan en Janecke maak stunning foto's. Jy het ons almal so gemaklik laat voel.Ongelooflike shots!!!! Sonja

    ReplyDelete
  2. Beautiful!!! Janecke-jul is pragtig (en natuurlik het jul die HEEL BESTE fotograaf gehad!) Mag die Here jul oorvloedig seen in jul huwelik!!

    Ilze Mostert

    ReplyDelete
  3. Charl, jy en vrou (en klein meneer) is perfek georganiseer om baie fotos baie gou te neem EN DAN NOG GOED OOK! Johan het ons gesê jy is goed en ons het dit so ervaar. Die fotos: ons kan nie wag om alles te sien nie. Seën op jou werk vorentoe. Windhoek ouers.

    ReplyDelete

Tell me what you think, please leave a comment. Please select the Name/URL option. Put your name in the NAME box, you don't have to worry about the URL box.

© Cape Town Wedding Photographer, Western Cape Wedding Photographer, Agapé Studio, Charl Smith | All rights reserved.
Blog Design Handcrafted by pipdig